Lood Glas en Brandskilder van Vensters in Kerke en Historiese Plekke
Ek hoop van harte dat elkeen wat hierdie webwerf besoek dit geweldig sal geniet.
Ek het probeer om dit so eenvoudig as moontlik en so leersaam en interessant te maak as wat ek kan.
Glas is een van wonderlikste dinge wat hier is. Dit kan oneindige kere weer oorgesmelt word en dit bly nog steeds glas. Baie ander dinge verander van tekstuur en samestelling en besoedel die omgewing.
Die kuns van loodglas word alreeds vir baie eeue beoefen en alhoewel daar tydperke was toe loodglas nie baie gewild was nie, is dit nou weer baie in die mode.
Daar is natuurlik vandag baie meer tipes en kleure glas beskikbaar wat heeltemal nuwe dimensies gee aan al die wonderlike kunswerke wat gemaak word. Daar is baie moderne gereedskap beskikbaar wat dit moontlik maak vir enigeen om hierdie kunsvorm te bemeester. Jy hoef geensins kunssinnig te wees nie want moderne tegnologie maak dit moontlik om enige prent af te teken en dit te gebruik as jou ontwerp.
Baie van die loodglas en gebrandskilderde glas in ons land is verwaarloos en besig om tot niet te gaan omdat dit nie herstel word nie. Kyk gerus wanneer historiese geboue besoek word en rapporteer enige glas aan my wat nie stewig lyk nie of stukkend is sodat ek dit onder die aandag van die betrokke instansies kan bring.
Ek restoureer jaarliks baie van die kerke en museums se loodglas, maar daar is nog steeds baie wat vir ewig verlore raak wanneer dit uitval en in stukke breek. Gewoonlik is daar nie foto's of prente van die ontwerpe nie en dis onmoontlik om dit te herstel of probeer namaak.



Nuwe Projekte
Sommige van my nuwe nuwe projekte Meer....
Glas Klasse
Lood glas klasse Meer....
Warm Glas
Kom kyk na nuwe warm glas projekte Meer....
Vaardigheids Lesse
Kort kursusse vir soldeertegnieke, foeliewerk, restourasie, glassny Meer....
Lood Glas Bewaring
Hoe om loodglas skoon te maak en te behandel om jare Meer....