Lood glas en brandskildering - bewaring en versorging

Die glas in loodglas kan letterlik honderde jare behoue bly maar die swak skakel is die lood wat gebruik word om die glas bymekaar te hou. Alhoewel die nuwer loodroeie wat vervaardig word beter samestellings het as die ouer tipes wat suiwer lood was , het dit nog steeds net 'n beperkte leeftyd wat direk verband hou met blootstelling aan die weer asook die toepassing van die paneel . Panele in deure of ander bewegende plekke is geneig om gouer probleme te wys en benodig gouer aandag ook.

Alle loodglas panele wat groter as 400mm x 400mm is behoort 'n tipe versterking te kry soos byvoorbeeld 'n ysterstaaf aan die buitekant of versteekte versterking wat tussen die lood en die glas installeer word met vervaardiging. Hierdie versterking ondersteun die lood wat baie sag is en help voorkom dat die gewig van die glas die venster laat uitbult na binne of buite . Sodra uitbulting voorkom sal dit al hoe vinniger vererger totdat die venster uitval.

Enige uitbulting of insakking , los of ratelende glasstukkies , gekraakte of vermiste stukke glas en lekkende panele is tekens dat die paneel dringend aandag nodig het.

Gekraakte glas kan vervang word maar indien dit 'n baie ou paneel of glas met brandskildering is moet dit verkieslik deur 'n professionele persoon herstel word aangesien ons die glas moet probeer behou as gevolg van die historiese waarde daarvan. Los glas en waterlekke beteken dat die sement wat tussen die glas en lood ingewerk is , uitgeval het en dit sal moet oorgedoen word voordat die paneel verdere skade opdoen .

Lood glas moet met louwarm water gewas word waarby 'n klein bietjie huishoudelike skottelgoedseep gevoeg is . Moet asseblief nie enige ander skoonmaakmiddels of middels wat vensters skoonmaak gebruik nie .Moenie enigiets gebruik behalwe 'n sagte lap nie anders kan die lood beskadig word.

Daar is spesiale politoer beskikbaar vir loodglas . Indien jy onseker is , los dit liewer net soos dit is.

Lood glas panele moet verkieslik so min as moontlik mee gepeuter word , moenie dit elke dag opvryf of was nie.

Indien jy enige verwaarloosde of stukkende loodglas raakloop , laat my asseblief dadelik weet want ons het almal 'n plig om hierdie erfstukke te help bewaar.

Kyk gerus rond op die res van die webtuiste en geniet dit

Gaan na die Afrikaanse weergawe van die webwerfGo to the English version of this websiteContact me by E-Mail

Nuwe Projekte

Sommige van my nuwe nuwe projekte Meer....

Glas Klasse

Lood glas klasse Meer....

Warm Glas

Kom kyk na nuwe warm glas projekte Meer....

Vaardigheids Lesse

Kort kursusse vir soldeertegnieke, foeliewerk, restourasie, glassny Meer....

Lood Glas Bewaring

Hoe om loodglas skoon te maak en te behandel om jare Meer....